Ek is n Gergistreerde Geboorte fotograaf Journalis en het met die journey begin in 2017.

​Dit was eendag saam Dr Labuschange in teater met baba  Jaunru en my hele lewe het verander , net daar het ek besluit dis wat ek wil doen. Dis n gawe van God en ek is so dankbaar dat Hy my die kans gee om die grootse  wonderwerk te kan beskou dag na dag.Dis so groot eer om die baba se eerste foto te kan neem..

Ek is nie jou gewone geboorte fotograaf nie

Dis nie net fotos nie maar dit is jou lewe, Dis n storie wat ek doen oor die belangrikste dag van jou lewe. Ek lag , huil en bewonder saam jou!

Onthou elke oomblik, net soos dit gebeur het. Rou, ongefiltreerd en volmaak...

Dit maak nie saak watter soort geboorte jy wil hê nie, tuisgeboorte, nie-medisyne-geboorte in die hospitaal, medisyne-geboorte in die hospitaal, VBAC of Keiser .Ek fokus op jou emosionele, fisieke, geestelike en opvoedkundige ondersteuning terwyl  jou baba gebore word . Jy bly n ongelooflike mamma maak nie saak hoe jy geboorte gee nie..ONTHOU DIT!!

Ek is daar vir elke mamma vanaf 36 weke van haar swangerskap

Opvoedkundige leiding 

Beheer van kraam proses

Toegewyde fisiese ondersteuning

Kalm, objektief, informatief advies

Geestelike ondersteuning

24/7 beskikbaarheid op die telefoon *

Ondersteuning van die hospitaalgebaseerde postpartum

Na-geboortesorg *

 Photo credit - sincerely media  

Dr Alberts - Bay View Life Hospitaal

Dr Hattingh - Medi Clinic George

Dr Nortje - Bay View Life Hospitaal

Dr Van der Merwe - Medi Clinic George

Dr Viljoen - Medi Clinic George

Sister Anneri Du Plessis (Birth Natural)

Sister Sarah Smith -Struwig (Pregnancy Care & Baby Clinic)

Neem asb kennis dat ek net kliente in vat waar ek saam met die Dokter of die Midwife werk

vir alle mediese redes.

Ek doen ongelukkig onder geen omstandighede "unassisted" swangerskappe en geboortes nie