Search
  • Val Wessels

Gewig, 38 en Fertility

Ja ek is daar..Oorgewig op die ouderdom van 38 ...Hoe het ek ooit daar beland?

Nooit het ek gedink ek gaan op 38 n volle 95kg weeg nie..ek het nie eers soveel geweeg toe ek swanger was nie, en ek het 4kg en op babas gehad..

Ek is mal oor gesond eet en ek hou van oefening ..al lyk ek soos een wat nooit oefen of my heeldag aan chocolates oorgee...Fertility medikasie het ook n groot rol gespeel in my vreeslike gewig toename die laaste paar maande..of so dink ek!

Dan praat ons nie eers van al die kits dieets of pille nie. Dit werk ja maar sodra jy ophou daarmee kom daai vette soos n plooi terug en hy sit..en daar sit hy..Tot jy iets doen . Ek ken daai pad. O ja moenie vergeet van al die apps wat beskikbaar is hoe jy moet oefen of hoe moet jy eet nie.

Dit werk nie, want duh? ek het eintlik op die ouderdom van 38 agtergekom dat n dieet en pille nie vir almal werk nie, almal se liggaam is anders! So is ons maar almal daar buite en dink mmm die dieet probeer vir my werk of die pille, of dis okay dis die fertility medikasie wat my laat gewig optel.

Ons weet nie altyd hoe ons liggaam werk en wat ons liggaam soek nie!

Punt is ons weet nie..maar ons probeer alles. En ek weet daar is 100de mammas daar buite wat dieselfde pad as ek stap.

Die rede hoekom ek besluit het om die pad te vat is nie om weer in n bikini te klim nie..Ek wil ook nie want ek was so lanklaas in een ek sal voel of ek kaal rondloop..eeekkkk I know!..maar ek wil gesond voel en gesond lyk..Ek verskuldig dit nie net aan myself nie maar ook aan my kinders want o aarde die pilates wat Jaydee soms wil he ek moet saam doen voel dit soms of alles knak en bene beweeg waarna hulle nie eintlik moet beweeg nie..julle verstaan??


Soooo ek is erg opgewonde oor die journey .

Gaan met julle later deel saam wie ek dit gaan doen as daar mammas is wat dit ook graag wil doen.

Let's do this en kom ons ondersteun mekaar ten volle!



0 views